Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Chronicles 27

:
Afrikaans - ABA
1 Jotam was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 16 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Jerusa dogter van Sadok.
2 Jotam het dinge gedoen waarvan die Here hou, soos sy pa Ussia gedoen het, maar hy het nie soos sy pa in die tempel ingegaan nie. Die volk het nog altyd aangehou om slegte dinge te doen.
3 Dit is Jotam wat die boonste poort van die tempel gebou het, en hy het baie geboue gebou by die muur van die Ofel.
4 Hy het ook die mure van die stede in die Juda-berge sterker gemaak en hy het stede gebou wat sterk mure het en ook torings in die bosse.
5 Hy het oorlog gemaak teen die koning van die Ammoniete en hy het gewen. Die Ammoniete moes daardie jaar 100 talente silwer en 10 000 kor koring en 10 000 kor gars vir hom gee, en die volgende jaar en die jaar daarna moes hulle dit ook gee.
6 Jotam se leër het sterk geword omdat hy reg gelewe het voor sy God die Here.
7 Die ander dinge wat met Jotam gebeur het, al sy oorloë en hoe hy gelewe het, is geskryf in die Boek van die Konings van Israel en Juda.
8 Jotam was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 16 jaar lank koning in Jerusalem.
9 Jotam het gesterf, en hulle het hom begrawe in die Dawidstad. Sy seun Agas het koning geword hom.